OOR ONS
Agri Management Africa bied:
-
tegniese konsultasie,
-
vaardigheidsontwikkeling en
-
omvattende agri-projekbestuur
aan die landbousektor, met 'n fokus op opkomende boere.
Ons het 'n passie vir die ontwikkeling van nuwe boere, wat ons glo instrumenteel is tot 'n getransformeerde en volhoubare landbousektor. Ons streef daarna om die opkomende boer tot 'n punt van prestasie te bring en, waar moontlik, uitnemendheid.
Ons glo dat boere, finansiëel geestelik, emosioneel en fisies toegerus moet wees met kennis en vaardighede in die landbou, voordat sukses sal volg. Ons glo ook dat nie net die boer nie, maar ook sy eggenoot en familie, sowel as werkers, deel moet wees van hierdie ontwikkeling. Ons het 'n langtermyn perspektief oor ontwikkeling en glo aan die vorming van vennootskappe wat wen-wen scenarios skep.
Die skep van toegangspunte in die waardeketting vir klein boere, deur te belê in verwerkingsaanlegte, droogfasiliteite, infrastruktuur en toerusting, is iets waaroor ons baie ernstig is. Agri Management Africa het kontakte in die openbare en private landbousektor wat kan bydra tot die uitbreiding van boerdery- en sakepraktyke. Agri Management Africa maak dit moontlik vir ander besighede om winsgewend, konstruktief en volhoubaar te groei. Die besigheid is in 2003 deur Chris Krone gestig.
ONTMOET DIE SPAN
CHRIS KRONE
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
Tegniese konsultasie, Omvattende agri-projekbestuur, Vaardigheidsontwikkeling, Befondsing
Chris het vir 30 jaar kommersieël geboer, waarna hy Agri Management Africa gestig het. Oor sy uitgebreide loopbaan het Chris in verskeie leierskaprolle in die sektor gedien. Hy het 'n uitgebreide plaaslike en internasionale netwerk wat, tesame met sy tegniese kennis, ons kliënte bevoordeel.
,
Internasionale Pruimedantevereniging: President vir 3 termyne, lid van Uitvoerende Komitee
Internasionale Rosyntjiekonferensie: voorsitter van vergaderings
Agri Wes-Kaap: Kommoditeitskamervoorsitter, Transformasiekomiteevoorsitter
Gedroogde Boomvrugte: Voorsitter
Hortgro: Komiteelid
Agri SA: Nasionale Kommoditeitskamerlid
,
ERNA KRONE
DIREKTEUR
Strategie, Ondersteuning, Spesialis/ pasgemaakte individuele ontwikkeling
Erna gee leiding in die besigheid in terme van strategie en volhoubaarheid. Sy ondersteun die onderneming met funksies soos insette, evaluering en kommunikasie. Sy is 'n gekwalifiseerde onderwyseres, en het poste in kantooradministrasie, personeelbetalings, en geestelike en emosionele groeifasilitering beklee. Erna het op verskeie komitees en werkgroepe gedien.
CHRISTINE BOMBAL
DIREKTEUR
Agri-projekbestuur, Vaardigheidsontwikkeling, Bemarking
Christine is 'n ervare bemarker en projekbestuurder. Sy was in die hoër onderwys-, finansiële dienste-, konsultasie- en landbousektore werksaam. Sy het senior poste by groot maatskappye beklee, insluitend bemarkingsbestuurder, kommunikasiebestuurder, produkbestuurder en hoof van digitale media en kommunikasie.