top of page

NUUS

WET OP DIE BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING (POPI): ONS PRIVAATHEIDSKENNISGEWING

 

Met die implementeting van die POPI-Wet bly AMA toegewyd aan die beskerming van jou persoonlike inligting. Lees ons privaatheidskennisgewing hier.

1 Julie 2021

 

AWK-VOORSITTER IS NUWE IPA PRESIDENT


Baie geluk aan mnr Chris Krone, voorsitter van Agri Wes-Kaap se Bedryfskamer, wat verlede week in Frankryk tot die President van die International Prune Association (IPA) verkies is. Die IPA beoog om hul 2019 Pruimedante-kongres in Suid-Afrika aan te bied en volgens mnr Krone sal dit waardevolle netwerk- en sakegeleenthede en groei vir die droëvrugtebedryf inhou. 

Agri Wes-Kaap nuusbrief, 15 Junie 2018

 

UITBREIDING VAN TRADISIONELE PRUIMEDANTPRODUKSIE-AREAS

Agri Management Africa is instrumenteel daarin om die produksie van pruimedante buite die tradisionele produksiegebied van Witzenberg uit te brei. Terselfdertyd, word nuwe kultivars gevestig wat beloof om goeie opbrengste en gehalte te produseer. In die Laingsburg-omgewing is reeds groot oppervlaktes gevestig en is die resultaat baie goed. Tans word beplan om saam met Droevrugte Tegniese Dienste ‘n eksperimentele boord op Prins Albert te vestig. Al die beskikbare kultivars sal geplant word en insette om die boord te bestuur word kontraktueel deur Agri Management Africa gedoen.
 
‘n Betreklik nuwe uitbreiding by Wilhelm Gerber in die Komga naby Kareedouw word met foto’s illustreer. Dit is die eerste drag op 3 en 4 jaar oud bome. Die resultate is belowend en sal hopelik ook ander produsente aanspoor om pruimedante as ‘n alternatief vir beide die vars- en droogmark te oorweeg.

27 November 2017

bottom of page